Leesstof
Leesstof, preeksamevattings en toerustingsmateriaal.
Leesstof
Leesstof Boeke te koop (Beskikbaar by die Kerkkantoor ) Openbaring 'n Reeks van dertig preke Dr. H.M. Zwemstra - R80.00 Die pad na dié skat vir die hart 'n reeks preke oor Filippense 4:1-9 Ds. G.J.J van der Merwe - R40.00 Op Jesus se laaste sewe dae voetspoor Dr. Jan Venter - R200.00 Die boek Prediker Dr. Jan Venter - R200.00 Gratis! Gratis! Gratis! Die Heidelbergse Kategismus in Engels in oudio formaat. Elke vraag en antwoord word opgevolg met 'n toepaslike bybelteks. Kan gerieflik op 'n selfoon afgelaai word. Vir Android selfone, soek vir "Heidelberg Catechism" (groen embleem met vissie) en vir Apple selfone soek dieselfde op App Store. Ideaal vir blinde of swaksiende persone, ongeletterdes of as jy jou Christelike leer wil opskerp wanneer jy reis. Opleidingsmateriaal wat al vir ons uitreike gebruik is (Klik op Opleidingsmateriaal ) Verslae oor Uitreike na Mosambiek (Klik op Uitreike ) GKSA Deputate vir Gereformeerde Publikasies GKSA Deputate vir Gereformeerde Publikasies Bekom nuttige leesstof vanaf die webtuiste van die Calvyn Jubileum Boekefonds
Ek wil weet
GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-ANNLIN Ek wil weet Het jy 'n kwelvraag? Is daar dalk 'n skrifgedeelte wat jy nie mooi verstaan nie en waaroor jy meer duidelikheid verlang? Of het jy moontlik 'n vraag oor 'n probleem wat jy ondervind? Hier is 'n geleentheid om jou vraag te stel. Jou vraag sal dan na ons predikante verwys word en hulle sal jou probeer antwoord. Jy kan kies of jy jou vraag en antwoord privaat wil hou en of jy dit wil deel sodat dit ook vir ander tot voordeel kan wees. As jy kies om die vraag en antwoord te deel, sal dit op hierdie webbladsy geplaas word sodat ander dit ook kan lees. Ons verneem graag van jou as jy 'n vraag wil stel. Kwelvraag Naam Epos Adres Stel Jou vraag hier. Dui aan of jy jou vraag en antwoord daarop vertroulik wil hou deur jou vraag af te sluit met die woorde ||Hou asb vertroulik||. Submit Johnny vra namens bybelstudiegroep: Ons bybelstudiegroep (Neels, Annatjie, Andrie en ek) is tans besig om die boek Openbaring te bestudeer. Ons is nou besig met Hoofstuk 7 van die boek en het vandag ’n vraag gehad waarmee ons hoop iemand kan ons mee help. In hoofstukke 4 en 5 kon ons ’n blik kry op God se troon en dit wat rondom sy troon gebeur. Benewens die beskrywing van God, die Lam, die vier lewende wesens en die engele word die 24 ouderlinge met hul krone beskryf in Hoofstuk 4: 4. Ons begryp hoe die simboliese getal van 24 saamgestel is. Die bronne wat ons geraadpleeg het (Bybel in Praktyk, Verklarende Bybel, ds Andries Myburg se preke oor Openbaring en Dr Heinrich Zwemstra se boekie oor Openbaring) is dit eens dat die 24 ouderlinge die kerk van die Ou en Nuwe Testament verteenwoordig, d.w.s. die gelowiges op alle tye en plekke. In Hoofstuk 7 word die 144000 beskryf wat deur God verseël is. Weereens begryp ons hoe die simboliese getal saamgestel is. Verse 1-8 gee ons ’n blik op die bewaring van hierdie gelowiges in ’n tyd wanneer God se oordeel aanbreek en in verse 9-17 word dieselfde gelowiges beskryf in die ewige heerlikheid. Dus die eerste deel van Hoofstuk 7 beskryf hoe God die gelowiges bewaar in hulle aardse stryd en die tweede deel van die hoofstuk beskryf die oorwinning wat God aan hulle gee nadat hulle aardse stryd verby is. Hoofstuk 7 beskryf ook weer, soos in Hoofstuk 4, die 24 ouderlinge, waar hulle gekniel het met hulle gesigte na die grond en God aanbid het. In Hoofstuk 4 het die 24 ouderlinge al die die gelowiges uitgebeeld. In Hoofstuk 7 word al die gelowiges uitgebeeld met die 144000 verseëldes en die groot menigte wat niemand kon tel nie. Maar nou is die 24 ouderlinge ook teenwoordig. Was die eerste simboliek dat die 24 ouderlinge ook al die gelowiges uitbeeld dan korrek? Ds Attie Venter antwoord: Na die beste van my wete is die 24 ouderlinge simbolies van die 12 stamvaders van Israel en die 12 apostels van die Nuwe Testamentiese bedeling. Die 24 persone verteenwoordig dan eerder God se verbond met sy volk wat Hy voorsit en telkens herbevestig deur individue, alhoewel hulle natuurlik ook deel van die 144 000 is. Renate vra: Wat was die doel van die toonbrode? Ds Attie Venter antwoord: Goeie naand Renate. Dis ’n moeilike kwessie aangesien die betekenis van die toonbrode nie in die Bybel self gestel word nie, na my beste wete en die betekenis afgelei moet word. Daar kan dus ander interpretasies wees. Levitikus 24: 5“Jy moet koringmeel vat en twaalf ringbrode daarvan bak. Elke brood moet van drie kilogram meel gebak word. 6Pak dit in twee stapels van ses elk op die goue tafel voor die Here. 7Sit dan op elke stapel 'n bakkie suiwer wierook. Die wierook is 'n offer van die Here in die plek van die brood. 8Die brood moet gereeld op elke sabbat daar voor die Here vervang word. Dit is 'n verpligting wat vir altyd op die Israeliete rus. 9Die brood kom Aäron en sy seuns toe. Hulle moet dit op 'n gewyde plek eet, want dit is 'n besondere gewyde gawe. Dit is 'n deel wat hulle altyd moet kry uit die offers wat aan die Here gebring word.” Die 12 brode verwys na die 12 stamme van Israel (en God se verbond met hulle). Die brood is op elke Sabbatdag vervang met vars brood. Aaron en sy seuns as priesters kon die ou brood eet. Die priesters het die Brood daar as offer vir God, namens die volk geplaas en daardie Brood het die priesters dan weer aan die lewe gehou. Hulle het die Brood aan God geoffer (oorgegee of toegewy) en God het dit teruggegee, deur die nie te neem nie. Brood verwys gewoonlik na versorging en sekuriteit. Dit is absoluut noodsaaklik om van te leef. As jy kos het om te eet, kan jy rustig wees, al slaap jy in die veld en kry koud. Die vars Brood verwys waarskynlik na God se sorg wat altyd nuut by sy volk is, Hy het nie in die eeu-oue verlede ’n plan opgestel waarop Hy sy volk versorg en dit gaan nou maar net so aan nie, Hy is altyd vars en teenwoordig om die behoeftes van sy volk raak te sien. Daarom moet die mens se aanbidding en dien van God ook lewend en vars wees. Nie noodwendig nuut en anders as tevore nie, maar lewend. Hierdie brood wys na die Brood van die lewe, die Woord van God vir Nuwe Testamentiese gelowiges (priesters) en is nodig vir geestelike groei. Natasha vra: Jesus sê vir Nikodemus in Johannes 3 vers 13 : En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. Jesus praat asof hy reeds opgevaar het terwyl hy duidelik nog op aarde is. Kan u asseblief vir my verduidelik wat die rede daarvoor kan wees Ds Giepie van der Merwe antwoord: Goeie middag Natasja, baie dankie vir die vraag. Ek moet sê ek self het ookal die teks gelees en gewonder hoekom Jesus so praat asof Hy reeds opgevaar het, terwyl Hy dan nog hier op aarde was. Ek het bietjie na betroubare kommentare gaan kyk en nie een van die kommentare wat ek geraadpleeg het, spreek die saak aan nie. Ek kan daarom maar net uit my eie beperkte begrip iets daaroor sê en dit is dat Jesus heelwaarskynlik so gepraat het, omdat Hy oortuig was dat Hy uit die dood sal opstaan en weer na die hemel sal opvaar om ter wille van Sy kerk, Sy amp as Koning oor die heelal te gaan opneem. As mens is Hy dan op hierdie stadium reeds deur die Heilige Gees tot hierdie vaste wete/oortuiging gebring dat dit die weg van Sy Vader met Hom is! Maar eers moes Hy in Sy dood ingaan, sodat Hy daardeur vir ons as Sy volgelinge, n plek in die Vader se hemelse huis kon voorberei! Ons loof Hom daarvoor! Johnny vra: Gisteraand by ons ontdekkingsbybelstudie het ons Jesaja 43:1-4 saam gelees. Vers 4 gaan so: "Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe." Ons het gewonder wat die korrekte betekenis van die laaste gedeelte kan wees, nl. "...gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe." Ek doen hierdie navraag namens ons huisgroep, maar ons sal nie omgee as die antwoord ook met ander gedeel word nie. Ds Attie Venter antwoord: Hierdie woorde gryp terug na God se belofte aan Abraham om aan sy volk ’n nuwe land te gee waar hulle Hom sal aanbid. Die land Kanaän. In Eksodus 23: 27 (onder andere) bevestig Hy sy belofte dat Hy dit self sal vermag, sonder hulle hulp. In Josua word die land dan verdeel tussen die stamme en elkeen kry sy deel. Maar hulle moet Hom gehoorsaam en alleen aanbid. In Josua 24: 13 lees ons weer - in ’n ander idioom - hoe stiptelik God sy belofte hou: “So het Ek julle dan ‘n land gegee waar julle nie aan gearbei en stede wat julle nie gebou het nie, dat julle daarin kan woon; wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, daar eet julle van” Dit wys natuurlik in geestelike sin op die uitverkiesing van God se volk, en dan ook op ons verkiesing vandag. Hulle het nie verdien om uitverkies te word nie EN hulle het ook nie meegewerk aan hulle saligheid nie, maar dit is slegs genade. Dit het gebeur deurdat God nasies uit die land verdryf het wat in Kanaän gewoon het. Ek dink dit sou nie te verregaande wees om ’n vergelyking te maak dat God selfs bereid was om sy Seun prys te gee in ruil vir hulle vryheid nie. Danie vra: Jesus sê in Johannes 12 vers 48 tot 50 (1953 Vertaling): 48 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag. 49 Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ’n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek. 50 En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek — net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek. Wat was Jesus se woorde waarna vers 48 verwys? en wat is die gebod waarna vers 49 verwys? Ds Attie Venter antwoord: 1. Die woorde waarna Jesus verwys sal die direk voorafgaande woorde wees wat Hy tot hulle gerig het naamlik vers 44-47. In vers 44 staan daar Jesus het dit uitgeroep. Hy wou dus dat almal dit kan hoor. Maar dan sal dit natuurlik ook alles insluit wat hulle Hom al ooit hoor sê het want al sy Woorde is altyd relevant want dit is die Blye Boodskap. 2. Wat die gebruik van die woord "gebod" betref. Dit is verseker nie ’n nuwe of geheimsinnige gebod nie, want die Skrif is openbaring en nie verdoeseling nie. Die Gees wil bekend maak en nie verberg nie. Ek sou dit verklaar dat dit nie dui op nog iets wat Jesus moes sê in byvoeging tot sy woorde in vers 48 nie, maar dat dit eerder die gesag van sy woorde aandui. Sy Vader het aan Hom woorde gegee om oor te dra en Hy mag daarvan nie afwyk nie. Die Vader het dus nie voorstelle aan Jesus gemaak oor hoe Hy dit kan benader nie, maar dit is soos ’n gebod. Reguit en op die man af en spesifiek. (Vergelyk Deuteronomium 18: 18) Vir die hoorders is dit woorde wat opwek tot bekering, vir die Boodskapper is dit ’n opdrag.
Preek Samevattings
GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-ANNLIN Preek Samevattings Slegs preek samevattings van die afgelope 2 maande is beskikbaar op hierdie webtuiste. Indien u na 'n spesifieke preek samevatting soek wat vroeër voorgedra is, kan u met die kerkkantoor skakel of eenvoudig die eposvormpie op die Kontakbesonderhede-blad invul. Julie 2025 1 Tessalonisense 3:1 – 4:12 27 Julie 2025 Oggenderediens - "Hoe gaan dit met jou/myvrug dra, heilig leef, elke oomblik vir God leef?" 1 Korintiërs 7; HK 41 27 Julie 2025 Aanderediens - "Hoe voel en hoe dink en hoe praat jy en ek oor ons broers en susters wat alleen leef?" 1 Konings 9:26 – 10:29 20 Julie 2025 Oggenderediens - "Hoe opgewonde is jy en ek oor Koning Jesus?" 1 Konings 11 20 Julie 2025 Aanderediens - "Hoe bly jou en my harte by die Here?" 1 Konings 3 13 Julie 2025 Oggenderediens - "Wat het jy en ek as Christene nodig om sinvol koning te kan wees?" 1 Konings 8 13 Julie 2025 Aanderediens - "Hoe voel jy wanneer jy in die Here se teenwoordigheid kom en leef?" 2 Samuel 11:1-3, 26-27; 12:15-25; 1 Kronieke 22:2-13 6 Julie 2025 Oggenderediens - "Wat bied ons Here Jesus aan jou en my as stukkende mense?" 1 Konings 1 6 Julie 2025 Aanderediens - "Watter tipe Koning dien jy en ek?" Augustus 2025 Lukas 12:35-48 10 Augustus 2025 Oggenderediens - "In watter mate is JY persoonlik met Jesus besig en op Jesus gerig?" Esegiël 37; Nicea 10 Augustus 2025 Aanderediens - "Hoe word ons in die geloof versterk deur te bely? Ek glo in die Heilige Gees wat Here is en lewend maak ..." 1 Korintiërs 12:1-13 3 Augustus 2025 Oggenderediens - "Ek beloof om as 'n lewende lid van die kerk my gawes aan te wend"
Kinderwerkkaarte
GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-ANNLIN Kinderwerkkaarte Maart 2021 7 Maart ∙ Gehoorsaamheid Noag 1 - 4 en Genesis 6:13-22 Kinders jonger as Graad R Kinders Graad R en Graad 1 Kinders Graad 2 en Graad 3 14 Maart ∙ Nederigheid Genesis 11:1-9 en Jakobus 4:6 Kinders jonger as Graad R Kinders Graad R en Graad 1 Kinders Graad 2 en Graad 3 7 Maart ∙ Gehoorsaamheid Noag 1 - 4 en Genesis 6:13-22 Kinders jonger as Graad R Kinders Graad R en Graad 1 Kinders Graad 2 en Graad 3 14 Maart ∙ Nederigheid Genesis 11:1-9 en Jakobus 4:6 Kinders jonger as Graad R Kinders Graad R en Graad 1 Kinders Graad 2 en Graad Februarie 2021 Seflfbeheersing - Genesis 3:6 en Spreuke 4:23 Kinders jonger as Graad R Kinders Graad R en Graad 1 Kinders Graad 2 en Graad 3 November 2020 Lukas 22: 14 - 30 Kinderwerkkaart - 15 November 2020 Nehemia 9: 1 - 37 Kinderwerkkaart - 8 November 2020 Esegiël 37 Kinderwerkkaart - 1 November 2020 Oktober 2020 1 Samuel 1 - 1 Samuel 2:11 Kinderwerkkaart - 25 Oktober 2020 Esegiël 34: 22 - 31 Ons vra om verskoning - geen kinderwerkkaart vandag - 18 Oktober 2020 Lukas 10: 38 - 42 Kinderwerkkaart 11 Oktober 2020 Esegiël 1: 1 - 28 Kinderwerkkaart - 4 Oktober 2020 September 2020 Handelinge 16: 16-40 Kinderwerkkaart - 27 September 2020 1 Kor 10: 16 - 18 & 1 Kor 11: 17 - 26 Kinderwerkkaart - 20 September 2020 Handelinge 16: 1 - 10 Kinderwerkkaart - 13 September 2020 Handelinge 15: 39 - 41 Kinderwerkkaart - 6 September 2020 Augustus 2020 Josua 1: 1 - 9 Kinderwerkkaart - 30 Augustus 2020 Matteus 5: 1 - 16 Kinderwerkkaart - 23 Augustus 2020 Filipense 2: 13 & 14 Kinderwerkkaart - 16 Augustus 2020 Hebreërs 6: 1 - 20 Kinderwerkkaart - 9 Augustus 2020 Hebreërs 5: 14 Kinderwerkkaart - 2 Augustus 2020 Julie 2020 Galasiërs 5: 23 Kinderwerkkaart - 5 Julie 2020 Lukas 4: 14 - 21 Kinderwerkkaart - 12 Julie 2020 Jakobus 3: 1 - 18 Kinderwerkkaart - 19 Julie 2020 Markus 8: 1 - 9 Kinderwerkkaart - 26 Julie 2020
Oordenkings: Ons gesels oor Jesus
GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-ANNLIN Pitkos ( Oordenkings: Ons gesels oor Jesus) Ons enigste troos in lewe en in sterwe is dat ons aan ons Here Jesus behoort! Daarom wil ons mekaar help om saam al hoe meer ons Here Jesus raak te sien en met mekaar oor Hom te kan gesels. Hiermee die twee-weeklikse oordenkings oor ons Here Jesus. Klik op die skakels hieronder om te luister: "Die Een wat ná my kom, is my meerdere. " - 20 Mei 2026 " Ons Here Jesus is Goeie Nuus! " - 22 April 2026 "Ons Here Jesus lewe!" - 8 April 2026 "Wat het Jesus op aarde kom doen?" - 11 Maart 2026 "Wie sê ek is Jesus?" - 25 Februarie 2026
Evangelisasie Eie Omgewing
Evangelisasie in Eie Omgewing Missie Die Gereformeerde kerk Pretoria-Annlin wil graag meer doen as om net haar eie aktiewe lidmate te bedien. Ons wil aktief werk aan die uitdra van die evangelie in die hele gemeenskap, d.w.s. binne eie gemeente en die omliggende geografiese gemeenskap. Hierdie gemeenskap is almal wat in gebiede woon aangrensend aan ons kerkgebou. Ons glo dat die Here sy kerk in stand hou en dat Hy ook van sy gemeentes verwag om aktief daaraan te bou. Verder onderskryf ons dat die Groot Opdrag ons roep om mense dissipels te maak deur hulle te doop en hulle te leer om alles te onderhou wat Jesus ons beveel het. Primêre doelwitte: Om GK Pretoria-Annlin se onaktiewe lidmate te identifiseer, te besoek en aan te moedig tot aktiewe deelname, en hulle uit te leef as kinders van die Here. Om afvallige gemeentelede en nie-christene van die omgewing te bearbei om aktiewe dissipels van Christus te word. Tipiese projekte Bekom inligting oor geografiese gemeenskap. Mobiliseer gemeentelede om hul gawes aktief aan te wend. Hospitaalbesoeke. Bied jaarliks kersliedere by kerslig in die kerktuin aan en trek veral haweloses en eensames in in die gemeentekring. Hou verkopings van 2e handse goedere en deel die liefde van Jesus deur aan die armes goedere en bybels te voorsien teen weggee pryse. Hartlike verwelkomingsspan om besoekers en nuwe lidmate op te vang. Br Neels Slump by die tweedehandse goedere verkoping waar die omliggende gemeenskap die geleentheid gegee word om klere, bybels en ander goedere teen weggeepryse aan te koop. Wil jy moontlik deel word van? Evangelisasiekommissie Kersliedere by kerslig Diensgroep 2e Handse Goedereverkopings Diensgroep Verwelkomingspan Hospitaalbesoeke Diensgroep Hoër- of Laerskool Jeugbedienings Diensgroep. Ons wil baie graag van jou hoor. Gaan asb na " Kontakbesonderhede " op die hoofmenu, vul die epos vorm in en meld waar jy graag betrokke wil raak. Wil jy moontlik deel word van? Evangelisasiekommissie Kersliedere by kerslig Diensgroep 2e Handse Goedereverkopings Diensgroep Verwelkomingspan Hospitaalbesoeke Diensgroep Hoër- of Laerskool Jeugbedienings Diensgroep. Ons wil baie graag van jou hoor. Gaan asb na Kontakbesonderhede op die hoofmenu, vul die epos vorm in en meld waar jy graag betrokke wil raak.
Evangelisasie Omliggende Gebiede
Evangelisasie Omliggende Gebiede Missie Dit is ons Missie om gestalte te gee aan die Gemeente van Jesus Christus te Annlin se roeping om die woord van God te verkondig en dissipels vir Hom te maak (Mat 28: 19 & 20), sodat God se geroepe kinders uit alle taal en kultuurgroepe 'n geestelike tuiste in die Kerk van Christus kan vind en toegerus mag word om volhoubaar en selfstandig kerk vir God te kan wees. Die teikengebied is gemeenskappe Noord-Wes van Pretoria, buite die geografiese gebied van die Pretoria-Annlin gemeente. Trans-Magalies Sendingaksie Die Trans-Magalies Sendingaksie is ’n groep lidmate van die Gereformeerde Kerke van Pretoria-Annlin, Magalieskruin, Mmakau en Ga-Rankuwa. Hierdie groep kom kwartaaliks bymekaar en bespreek en beplan dan die evangelisasie moontlikhede in die Mmakau, Ga-Rankuwa en Soshanguwe gebiede. Gereformeerde Kerk Mmakau Die Gereformeerde Kerk Mmakau het in 2006 afgestig van die Gereformeerde Kerk Ga-Rankuwa. Aanvanklik is die gemeente bedien deur die predikante van die Gereformeerde Kerke van Pretoria-Annlin, Pretoria-Magalieskruin en Pretoria-Noord. Dr Amos Sekhaulelo was die eerste voltydse predikant van die gemeente sedert 2008 en bedien tans nog steeds die gemeente. Sedert afstigting ondersteun Gereformeerde Kerke Pretoria-Annlin en –Magalieskruin die gemeente met ’n bydrae tot die gemeente se sustentasie, voedselvoorsiening aan die armes, opleiding van evangeliste, en toerustingskursusse. Dr en mev Amos Sekhaulelo Kinders van die Kgatelopele Christelike Creche Kgatelopele Christelike Créche Die Kgatelopele Christian Creche word vanaf die kerkterrein te Mmakau bedryf en ontvang finansiële ondersteuning van die diakonie en gemeentelede van die Annlin gemeente. Die creche beywer hom om die lig van Jesus Christus in die harte van die gemeenskap en spesifiek die kinders van Mmakau in te dra. Die creche versorg daagliks ongeveer 60 voorskoolse kinders. Gereformeerde Kerk Ga-Rankuwa Die Gereformeerde Kerk in Ga-Rankuwa vorm nie meer deel van die GKSA nie en het hulle aangesluit by die Soutpansberg Sinode. Die Evangelisasiekommissie het hulle nogtans daartoe verbind om die gemeente te ondersteun met toerustingskursusse, evangelisasie strategië en met kerkbou in die nuwe wyk van Gebied 23 – 25 van Ga-Rankuwa. Grond vir die oprigting van ’n kerkgebou in hierdie enorme woonbuurt met HOP huise kon nog nie bekom word nie.
Buitelandse Evangelisasie
GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-ANNLIN Buitelandse Evangelisasie Missie: Die missie van die Evangelisasiekommissie is om gestalte te gee aan die gemeente van Jesus Christus te Annlin se roeping om die woord van God te verkondig en dissipels vir Hom te maak, sodat God se geroepe kinders uit alle taal en kultuurgroepe ’n geestelike tuiste in die Kerk van Christus kan vind en toegerus mag word om volhoubaar en selfstandig kerk vir God te kan wees. Dié missie is gemotiveer deur Christus se opdrag aan Sy Kerk “Gaan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Matt 28:19). Die missie word vergestalt in Hand 1:7-8: Hy het hulle geantwoord: ”Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” As ons dus uitvoering wil gee aan die laaste gedeelte van Hand 1:8 “...en tot in die uithoeke van die wêreld”, dan besef ons dat evangelisasie geen grense het nie en dat ons selfs ons eie landsgrense moet oorsteek om Jesus se opdrag uit te voer. Agtergrond oor betrokkenheid in Mosambiek Sedert 2011 verskaf GK Pretoria-Annlin ondersteuning aan die Gereformeerde Kerk in Mosambiek (in Portugees is dit Igreja Reformada em Moçambique (IRM)). Aanvanklik in 2011 en 2012 was Annlin op uitnodiging van GK Strand deel van ’n uitreikspan wat evangelisasiewerk in en rondom Mocuba in die Zambezia Provinsie van Mosambiek gedoen het. Hierna het die Annlin gemeente op sy eie ondersteuning verleen en die GK Montanapoort het in 2014 as vennoot begin help. Die fokus het mettertyd al hoe meer Noord begin skuif na die meer onbereikte gebiede. Kerkleiers word opgelei Uitreike na Mosambiek Sedert 2011 was die Annlin Gemeente nog elke jaar betrokke by ’n uitreik na Mosambiek. In die begin het groepe van ongeveer 10 of meer persone na die teikegebiede gereis en daar in kleiner groepies verdeel om gemeentes van die IRM te besoek. Die hoofdoel was om die gemeentelede te leer wat ware dissipelskap van Jesus vereis en om hulle op te lei om die evangelie verder uit te dra en nog dissipels te gaan maak. Sekondêre programme soos opleiding van jeugleiers om die Christelike leer aan kinders oor te dra, bybelstudie met vroue en vaardigheidopleiding is ook aangebied. In die aande is die Jesusfilm aan die hele gemeenskap vertoon, wat ook diegene ingesluit het wat nie deel was van die gemeente nie. Elke uitreik het sy uitdagings gehad maar groot seën is nog elke jaar ervaar met elke uitreik. Gou is daar besef dat die uitreike nie slegs tot voordeel is van die teikengroepe nie, maar ook tot voordeel en verryking van die uitreikspanne self. Hoe verder die fokus Noordwaarts verskuif het, hoe langer het die reistyd op die slegte paaie geword. Dit het naderhand 5 dae geneem vanaf Pretoria tot by die teikengebiede en dan ook weer 5 dae vir die terugreis vir 8 dae se werk met die gemeentes. Daar is toe besluit om kleiner groepies te stuur wat per geleentheid saam met ds Murray van Handevat ry na die teikengebied en dan terug te vlieg vanaf Nampula. Dit spaar 5 dae reistyd. Die jongste neiging is om hoogstens 2 of 3 persone te stuur wat heen en weer na en van Nampula vlieg en 'n voertuig in Nampula huur om plaaslik mee te reis. Tipiese projekte wat voortgevloei het uit die uitreike a Oorlewingsubsidie aan predikantsgesinne Die uitreikspanne is van die begin af aangegryp deur die armoede waarin die predikantsgesinne hulle bevind het. Die gemeentelede is bykans almal bestaansboere en in slegte oesjare kon die gemeentelede skaars vir hul eie gesinne sorg. Die predikante en hulle gesinne het dan honger gely. Aanvanklik het die Annlin gemeente se diakonie 8 sulke predikante versorg met ’n oorlewingsubsidie van R500.00 per maand. Dit was op die lange duur nie volhoubaar nie en ’n beroep is op ander gemeentes van die GKSA gedoen om te help. Die hulp aan 8 gemeentes van die IRM in Zambezia Provinsie gaan sedert 2012 nog steeds voort. b Oprig van kerkgebou vir die Niquide Wyksgemeente Na die uitreik saam met Gereformeerde Kerk Strand in 2011 het ’n groep mense in Niquide tot bekering gekom en ’n wyk van die Magodane gemeente gevorm. Die Gereformeede Kerke van Pretoria-Annlin en –Montanapoort het gesamentlik hierdie groep lidmate gehelp om hul eie kerkgebou (by hulle bekend as gebedshuis) op te rig. Die Niquide lidmate moes self die arbeid verrig om fondasies te grawe en te giet en sementstene te maak. Die twee Suid-Afrikaanse gemeentes het dan die fondse verskaf vir die materiale. Die bouwerk is in 2014 begin en is in 2018 voltooi. Kerkleiers tydens die vooraf opleiding. Twee sendelinge uit hierdie groep sal gekies word om na 'n onbereikte gebied te gaan. Dak word opgesit op die Niquide kerkgebou c Sendingwerk in onbereikte gebiede Die Tumbine Sinode van die IRM in Milange en Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin het 'n Memorandum van Verstandhouding geteken waarvolgens Mosambiekse sendelinge opgelei en uitgestuur word na onbereikte gebiede met die doel om die Woord te verkondig, bekeerdes bymekaar te bring en uiteindelik oor te gaan tot kerkplanting. Nadat 'n groep van 12 kerkleiers (predikante en ouderlinge) vooraf opgelei is, word twee sendelinge gekies wat vir 'n maand na die ongereikte gebied toe gaan en volgens Jesus se voorbeeld in Lukas 10 'n huis van vrede gaan soek waarvandaan hulle kan opereer. Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin voorsien opleidingsmateriaal en finansier die reiskoste vir die opleiding en uiteindelik ook vir die sendingreis. Betokkenheid in Angola Die Evangelisasiekommissie het die afgelope paar jaar met 'n betrokkenheid in Angola begin. Aanvanklik het dit begin met 'n finansiële ondersteuning vir ds Jacob Schoeman se uitreike na Angola. Ds Schoeman is 'n geëmeriteerde predikant van Outjo, Namibië wat 'n passie het vir evangelisasie. Na verskeie versoeke vir ondersteuning met die uitdra van die Evangelie na noordelike Namibië en Suid-Angola, is daar besluit om ‘n evangelisasie uitreikspan in Julie 2019 na Suidelike Angola uit te stuur. Die uitreik se mandaat is eerstens Woordverkondiging en Evangelisasie in suidelike Angola maar dan ook die identifisering van moontlike samewerking met instansies in Angola en verder die identifisering van ondersteuning- en samewerkings geleenthede met die Gereformeerde Kerke in Namibië.
Bybelverspreiding
GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-ANNLIN Bybelverspreiding Doelwitte Die doelwit is om bybels beskikbaar te stel aan diegene wat dit nie kan bekostig nie of aan diegene wat nie toegang het om bybels te koop nie. Elke jaar stel die Evangelisasiekommissie 'n teiken t.o.v. die aantal bybels wat versprei gaan word. Bybels word in Suid-Afrika sowel as in ons buurlande versprei. Die teikens wat tot dusver gestel was, was as volg: 2017 - 200 bybels 2018 - 500 bybels 2019 - 500 bybels 2020 - 700 bybels 2021 - 400 bybels 2022 - 400 bybels 2023 - 500 bybels Die teikens vir onderskeidelik 2017, 2018, 2019, 2020, en 2021 is gehaal. Aan God alleen die eer! Heidelbergse Kategismus Sover moontlik word boekies met die Heidelbergse Kategismus saam met die bybels uitgedeel. Die Heidelbegse Kategismus kon egter nog nie in al die amptelike tale van Suid Afrika bekom word nie. Die Heidelbergse Kategismus is tans by die Kerkkantoor beskikbaar in Afrikaans, Engels, Portugees, Sepedi, Sesotho, Tswana en Zulu. Die Evangelisasiekommissie het ook 'n oudio opname laat maak van die Heidelbergse Kategismus in Engels. Dit is bedoel vir swaksiendes wat nie meer kan lees nie en ongetetterdes. Dit kan ook met groot vrug gebruik word in die motor as jy op die lang pad is en jouself wil opskerp in die Christelike leer. 'n selfoon toepassing is onwikkel en kan gemaklik op enige iPhone of Android selfoon gelaai word. Die toepassing is gratis verkrygbaar op Appstore in die geval van iPhone selfone en op Playstore in die geval van Android selfone. Soek vir die groen embleem met die vissie op. Die Evangelisasiekommissie het onlangs die kategismus in die Lomwe taal (Noord-Oos Mosambiek) laat vertaal. Daarna is daar 'n oudio opname van hierdie vertaling laat maak en op 'n aantal instrumentjies gelaai saam met die Lomwe bybel. Op hierdie manier het die bybel en die Heidelbergse Kategismus toeganklik geraak vir talle ongeletterde mense wat slegs Lomwe magtig is. Bybelskenking aan Laerskool Generaal Beyers Op 13 Junie 2018 is daar 210 bybels uitgedeel aan al die Graad 1 leerders van die Laerskool Generaal Beyers. Elke kind het 'n bybel in sy eie taal ontvang. Onder die 210 bybels was daar bybels in Afrikaans, Engels, Suid Sotho, Noord Sotho, Zulu, Xhosa, Shona, Tsonga, Swazi en Venda. Bybels word uitgedeel aan Graad 1 leerlinge van Laerskool Genl Beyers Bybelverspreiding 2019/20 Lidmate van die Gereformeerde gemeentetjie in Alto Molocue, Mosambiek ontvang vir die eerste keer ‘n bybel en liedboek. Broeder Jan Smith spreek die konstruksiewerkers toe tydens 'n funksie waar bybels aan hulle uitgedeel is. Die huidige 2023/24 Boekjaar Stand van bybelverspreiding op 1 Desember 2023.
Katkisasie fotoblad
Kliek enige plek op fotoblad om weer terug te gaan na Tuisblad Kliek enige plek op fotoblad om weer terug te gaan na nuusblad
Kleuterbediening
Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin Kleuterbediening Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin Kleuterbediening Visie Die Kleuterbediening Diensgroep se visie is groepe kleuters in ons gemeente wat d.m.v. klein saadjies van kennis en geloof gegroei het tot kinders wat lief is vir Jesus en steeds meer vrugbaar sal word in hul katkisasie jare voorentoe. Visie Die Kleuterbediening Diensgroep se visie is groepe kleuters in ons gemeente wat d.m.v. klein saadjies van kennis en geloof gegroei het tot kinders wat lief is vir Jesus en steeds meer vrugbaar sal word in hul katkisasie jare voorentoe. Missie Die Diensgroep skep ‘n liefdevolle en warm omgewing waar kinders in hul vormings jare blootgestel word aan die verhale in die bybel en sodoende gelydelik kennis opbou van ons Here. Kinders word liefdevol en speel-speel geleer. Dit is vir die Diensgroep belangrik om vir die kinders ‘n gevoel van samesyn en liefde te skep en nie ‘n gevoel van werk en verpligting nie. Hul moet uitsien daarna om Sondae die kinderbediening by te woon. Kleuterbedienings Diensgroep Spesiale projekte Spesiale projekte Die kerskonsert vir 2018 was ‘n reuse sukses en was ‘n wonderlike geleentheid vir hierdie bediening-span om te spog met die gemeente se “kleine” mede- broers en susters in Christus. Die Engele-koor was vergesel deur die Gereformeerde Kerk Pretoria-Anlinn se kerkkoor. Almal het soos engele aangetrek oud en jonk! Die gemeente het ook hul liefde teenoor ons verbondskinders getoon deur in hul massas op te daag by die konsert. Die kerksaal het behoorlik uit sy naate gebars! Wil jy graag aansluit by hierdie diensgroep? Die Kleuterbediening Diensgroep het tans 12 lede wat Sondae elk ‘n beurt maak om die kinders te onderig gedurende die erediens. Enige lidmate wat wil betrokke raak by die diensgroep is baie welkom. Gaan asb na die kontakbesonderhede blad en vul die epos vormpie in.
Laerskooljeug
Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin Laerskooljeug Visie Ons sien al die gemeente se verbondskinders as deelnemende lidmate wat op gepaste wyse hope pret beleef. Missie Om al die gemeente se verbondskinders op gepaste spelende wyse te betrek rondom die Woord van God en om vanaf ‘n jong ouderdom vreugde in die Here te ervaar. Tipiese aktiwiteite Ons diensgroep bied gereeld speletjiesaande aan, uitreike na bejaardes en ouetehuise, uitstappies na opwindende plekke (bv klim die Magaliesberg, besoek natuurreservate, swem en piekniek), jeugkampe en ons neem jaarliks deel aan ‘n kersprogram. Die diensgroep beoog om jaarliks minstens 8 of 9 jeugaksies te hou. Elke jaar wil ons iets aanpak oor diensbaarheid (besoek aan ‘n tehuis vir bejaardes of armes of verwaarloosde diere), iets aanpak in die water (waterkaskenades, swem) ‘n jeugkamp en ‘n buitelug-aktiwiteit (stap in die berge of besoek aan ‘n reservaat). Tipiese aktiwiteite Ons diensgroep bied gereeld speletjiesaande aan, uitreike na bejaardes en ouetehuise, uitstappies na opwindende plekke (bv klim die Magaliesberg, besoek natuurreservate, swem en piekniek), jeugkampe en ons neem jaarliks deel aan ‘n kersprogram. Die diensgroep beoog om jaarliks minstens 8 of 9 jeugaksies te hou. Elke jaar wil ons iets aanpak oor diensbaarheid (besoek aan ‘n tehuis vir bejaardes of armes of verwaarloosde diere), iets aanpak in die water (waterkaskenades, swem) ‘n jeugkamp en ‘n buitelug-aktiwiteit (stap in die berge of besoek aan ‘n reservaat). Blaaskompetisie. Wil jy of jou kind graag betrokke raak? Die diensgroep bestaan tans uit 5 persone, maar nog groter betrokkenheid van die ouers se kant sal ons taak net soveel makliker maak. As jy dus by die diensgroep wil aansluit, vul asb net die eposvormpie in by Kontakbesonderhede en verskaf jou naam en telefoon nommer en ons sal na jou toe terugkom. As jou kind graag betrokke wil raak by die aktiwiteite, kan hy/sy ook sy naam en kontakbesonderhede op die eposvormpie verskaf en ons sal hom/haar kontak. Ons loop voor! Wie se papiervliegtuig vlieg die mooiste en die verste?
Verslawing2
Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin Verslawing Agtergrond Verslawing is 'n afhanklikheid aan onder andere alkohol, dwelmmiddels, kos, dobbel en nog vele meer... Die behandeling van verslawing bestaan uit: Erkenning van probleem. Geestelike aspek van die stryd teen verslawing. In die geval van alkohol, dwelms en kos is daar ook 'n liggaamlike aspek wat verstaan moet word voordat dit bestuur kan word. Praktiese aspekte van behandeling. Diensgroep missie Onderskraging aan persone wat hulle verslawing erken en ook hulle naasbestaandes. Tipe bystand wat verleen kan word: Gesprekvoering met die persoon en sy naasbestaandes. Help met verwysing na plekke van behandeling. Ondersteuning tydens behandeling. Gaan saam na opvolgvergaderings. Ondersteuning aan naasbestaandes. Help met dag-tot-dag versoekings deur praktiese wenke te verskaf en om beskikbaar te wees vir gesprekke/besoeke/bemoediging. Diensgroep samestelling Sameroeper is Louis Erasmus. Ds Attie Venter Ds Giepie van der Merwe Diensgroep samestelling Sameroeper is Louis Erasmus. Ds Attie Venter Ds Giepie van der Merwe Het jy hulp nodig? Louis en die predikante sal jou baie graag wil help. Kontak Louis persoonlik by 0824477849 of vul die onderstaande eposvormpie in en Louis sal jou kontak. Die epos gaan direk na Louis toe en die probleem sal vertroulik deur hom hanteer word. Naam Epos Adres Boodskap Submit Onthou om die antwoord vir die eenvoudige sommetjie in te vul - net om seker te maak jy is nie 'n robot nie.
Rousmart
GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-ANNLIN Rousmart GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-ANNLIN Rousmart Webblad onder konstruksie
Katkisasie leerkragte
GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-ANNLIN Katkisasie leerkragte Webblad onder konstruksie
Verwelkoming
GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-ANNLIN Verwelkoming GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-ANNLIN Verwelkoming Ons roeping Ons Verwelkomingsdiensgroep beywer ons daarvoor om nuwe of voornemende lidmate of besoekers te verwelkom. Die lede van ons groep stel dit ten doel om met hartlike liefde en vriendelikheid lidmate en vreemdelinge tuis en geborge te laat voel sodat hulle die liefde en warmte van Christus in die gemeente mag ervaar. Ons wil graag met die vrug van die Gees wat in ons harte is, ook vreemdelinge en ander op ons pad na Christus en sy kerk toe aantrek sodat hulle soos in Sagaria 8:23(b) mag sê: “Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor (gesien) God is by julle”. Mag ook Paulus se woorde aan die gemeente van Korinte op ons diensgroep van toepassing wees. 2 Korintiërs 3: 2 & 3: “Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan. Dit is tog duidelik dat julle ’n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie, maar op die harte van mense!” Ons visie Dit is dus ons ideaal dat elke lidmaat van ons gemeente wat ’n besoeker of nuwe lidmaat raaksien, hom of haar sal verwelkom en tuis sal laat voel en hom/haar sal verwys na die Verwelkomingsdiensgroep waar hulle die toepaslike inligting sal ontvang. Dit is dan ons bede dat elke lidmaat van ons gemeente aanbevelingsbriewe – getuigskrifte vir Christus mag wees: Dat die wêreld daarbuite mag sien dat God die Heilige Gees in ons harte leef en werk. Ons werkswyse Ons diensgroeplede is elke Sondag op hulle pos in die voorportaal van die saal waar ons nuwe of voornemende lidmate en besoekers vriendelik en hartlik ontvang. Hulle besonderhede word neergeskryf om aan die kerkkantoor en die predikante deur te gee en om hulle van die nodige inligting t.o.v. die Pretoria-Annlin gemeente te voorsien. Elke jaar word alle nuwe lidmate persoonlik uitgenooi na ’n byeenkoms die middag van Augustus se nagmaal, waar ons mekaar beter wil leer ken deur meer van mekaar te hoor en dan gesellig te onthaal op tee, koffie en verversings. Drie lede van die Verwelkomingsdiensgroep. V.l.n.r. susters Annatjie Myburg, Elsa Tredoux en Petro van der Walt Grootte van die diensgroep Die diensgroep bestaan tans uit 13 lede en suster Annatjie Myburg neem die leiding. Lidmate wat belangstel om ook deel te word van hierdie diensgroep, kan by haar aanmeld. Toekomsplanne Ons sou graag die gemeente se inligtingsboekie wou opdateer en in die formaat van ’n netjiese brosjure met fotos laat druk. Hierdie brosjure kan dan in die hand van elke voornemende lidmaat gedruk word. Kom meld uself aan Is u dalk 'n nuwe of voornemende lidmaat wat meer inligting verlang? Vul dan asb die eposvormpie hieronder in en die epos sal dan direk aan die sameroepster van die Verwelkomingsdiensgroep, suster Annatjie Myburg gestuur word. Nuwe lidmaat vormpie Naam Epos Adres Dui asb aan of u graag by ons gemeente wil aansluit en of u reeds lidmaat is wat van 'n ander gemeente af kom. Submit
Koor
GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-ANNLIN Koor Webblad onder konstruksie
Manne Bedieningsgroep
Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin Manne Bedieningsgroep Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin Manne Bedieningsgroep Visie Die Manne Bedieningsgroep se visie word mooi opgesom met die woorde van 1 Tim 6:11 – “Maar jy, man van God…”. As manne wil ons daar wees vir mekaar, en mekaar versterk. Ons wil van mekaar leer en persoonlike ervarings met mekaar deel om so mekaar te lei om manne van God te wees. Werkswyse Ons kom maandeliks bymekaar so teen 18:30. Soms by ‘n restaurant vir ‘n koffie, ander kere by iemand se huis. In die jongste tyd moes ons weens die Regering se inperkings d.m.v. elektroniese media (Zoom) met mekaar praat. Alhoewel ons altyd ‘n Skrifgebaseerde tema het, is dit nie ‘n formele Bybelstudie nie. Ons gesels met mekaar oor dit wat ons lees en hoe dit elkeen van ons raak. Die hoofsaak is dat elke man daar wegstap met nuwe gedagtes oor hoe om ‘n man van God te wees. Ervarings Die Manne Bedieningsgroep is maar onlangs, vroeg in 2020, gestig. Met ons 1ste byeenkoms was dit so lekker om as deel van ons opening, ‘n Psalm saam te sing. Vir ons, ‘n toonbeeld van ons dankbaarheid vir die grote God wat ons dien. Na ons byeenkoms, het ‘n karwag my gestop en gese hoe mooi dit was dat ons so sonder skaamte, die lof aan God bring, en hoe dit hom ook nader aan God gebring het. Indien jy 'n manlike lidmaat is en graag by die Manne Bedieningsgroep wil aansluit is jy baie welkom. Vul net die eposvormpie hieronder in. Die epos gaan dan direk na die sameroeper van die groep, broeder Willie Coetzee. Indien jy 'n manlike lidmaat is en graag by die Manne Bedieningsgroep wil aansluit is jy baie welkom. Vul net die e-posvormpie hieronder in. Die e-pos gaan dan direk na die sameroeper van die groep, broeder Willie Coetzee. Naam Epos Adres Iets omtrent jouself wat jy moontlik wil noem? Submit
Mosambiek Whatsappgroep
Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin: Whatsappgroep vir uitreik na Mosambiek Uitreikdatums: Verterk vanuit Pretoria 16 Junie 2024 Vlug vanaf Nampula terug na Johannesburg 2 Julie 2024 Vul asb onderstaande vormpie in om op die whatsappgroep te kom. Noemnaam en Van Selnommer Submit