LIDMATE WAT MEKAAR SE BESIGHEDE ONDERSTEUN
'n Groot aantal van ons lidmate lewer noodsaaklike dienste - dienste wat van ons ander lidmate weer nodig het. Die gedagte het ontstaan om hierdie twee groepe by mekaar uit te bring. Die plan is dus om op 'n enkele blad al die dienste en die diensverskaffers (ons eie lidmate) met hul kontakbesonderhede te lys en dit te laat druk op stewige papier wat met magneetstroke op elkeen se yskas aangebring kan word. Alternatiewelik kan die inligting op ons jaarprogram aangebring word. Dit is dan 'n manier om mekaar te ondersteun en in die proses leer ons mekaar beter ken.
Die formaat kan moontlik soos volg daar uitsien:
Diens
Diensverskaffer
Tel Nr
Epos adres
Bv Haarkapster
Sr XXXXXXX
Bv Loodgieter
Br YYYYYYY
Bv Eiendomsagent
Br ZZZZZZZZ
Ens. Ens.
Die sukses van so 'n projek hang grootliks af van ons lidmate se samewerking. Daarom moedig ons u aan om deel te neem en u dienste en kontakbesonderhede deur te gee na die kerkkantoor d.m.v. meegaande skakel.
AS U GRAAG U DIENSTE OP DIE DIENSTEBLAD GELYS WIL HÊ, VUL DAN DIE ONDERSTAANDE VORM IN.