Teen die einde van 2020 het ons Staatspresident aangekondig dat die land weer op Vlak 3 ingeperk gaan word as gevolg van die Covid19 pandemie. Dit raak ons gemeente direk in soverre fisiese byeenkomste vir die eerste twee weke in Januarie 2021 verbied word.
Gelukkig het die Here ons die tegnologie voorsien om ons eredienste te kan uitsaai. Dit word d.m.v. twee mediums gedoen, nl.
Video uitsending via Youtube. Die skakel https://www.youtube.com/channel/UC4NmYnuAd0293vFhf1i-tpg kan hiervoor gebruik word.
Klank uitsending via Kerkdienstgemist vir inluisteraars wat nie oor soveel data beskik om op die video uitsending in te skakel nie. Hierdie medium gebruik maar sowat 15 Megagrepe data. Die skakel vir Kerkdienstgemist is https://kerkdienstgemist.nl/stations/1246-Gereformeerde-Kerk-Pretoria-Annlin
Ons wil graag sien dat die erediens uitsendings toeganglik is vir al ons lidmate. Lidmate wat nie oor die nodige apparaat of data beskik nie kan met die gemeente se Diakonie skakel. Jy kan eenvoudig die e-pos vormpie by Kontakbesonderhede invul en jou versoek sal na die Diakonie vir verdere aandag verwys word.