Vanjaar se Pinksterviering het op Saterdag 22 Mei begin met 'n seminaar via Zoom, wat gehandel het oor die Westerse- en tradisionele Afrika denke. Beide hierdie wêreldbeskouings kan jou verhinder om in 'n persoonlike verhouding met God te leef. God se Gees het dan nodig om jou denke te verander. Ds Johannes Aucamp was die spreker.
Vir diegene wat hierdie besondere seminaar misgeloop het, is daar goeie nuus. Die praatjie is opgeneem en kan weer na geluister word deur op die volgende skakel te kliek. https://youtu.be/-mga_NqTj1E
Die Pinksterviering is op Sondag 23 Mei voortgesit met 'n erediens wat ook deur ds Johannes waargeneem is. Ds Johannes het eers die gemeente 'n kort oorsig gegee oor TOPIA (Training of Pastors in Africa) en toe gepreek oor die uitstorting van die Heilige Gees.
Die Pinksterviering is afgesluit met 'n gesamentlike Engelse erediens wat waargeneem is deur dr Brian De Vries.