Die Vrouebedieningsgroep van ons gemeente het, nadat hulle vir die hospitaalpersoneel van Eugene Marais Hospitaal gebid het, na hulle uitgereik deur vir hulle kitssop, jaffles en koekies te bring. Dit is met groot dankbaarheid in ontvangs geneem.
Die gesondheidswerkers by ons hospitale werk onder geweldige druk a.g.v. die Covid19 pandemie. Bid asb elke dag vir hulle.

Gesondheidswerkers baie bly met hul kitssop