Ons gemeente het sowat 'n jaar gelede die Heidelbergse Kategismus in Lomwe laat vertaal. Lomwe is die Afrika taal wat in die Zambezia Provinsie van Mosambiek gespreek word. Die bybel is so 'n paar jaar gelede in Lomwe vertaal en dieselfde vertaalspan het nou vir ons gemeente die Heidelbergse Kategismus vertaal. Pastor Adolfo Mario van Milange het sowat 'n maand gelede na Nampula gereis waar hy die hele Heidelbergse Kategismus in 'n klankateljee voorgelees het om 'n Lomwe klankopname van die kategismus te maak.
Ons gemeente wil nou graag die bybel en daarmee saam die Heidelbergse Kategismus se oudio opnames op 20 klankbybel instrumentjies laat laai en die instrumentjies vir gemeentejies in die Zambezia Provinsie skenk. Die mense is oorwegend ongeletterd maar het 'n besonderse vermoë om goed te kan luister. Ongeveer 30 mense kan gelyktydig na een so 'n klankbybel instrumentjie, wat met sonkrag herlaai word, luister. Bid asb vir hierdie projek dat God se Woord en gepaardgaande Heidelbergse Kategismus toeganklik sal raak vir hierdie mense wat nie kan lees en skryf nie.

Die rooi roete dui die pad aan wat hulle gery het vanaf Milange na Pebane

Ds Giepie en die kinders van Tezeze
Vir 'n terugblik op 2020 se nuus, klik hier