Vanjaar sou 'n groot groep van 10 lidmate Mosambiek besoek het, maar dit moes uitgestel word vanweë die Covid 19 pandemie. Nou is dit slegs drie dominees (ds Giepie, ds Paul Modise van Gereformeerde Kerk Kagiso en ds Danie Murray van Kaapstad) wat nog gaan. Ds Paul is een van die GKSA se deputate vir Ekumenisiteit. Die drie dominees beoog om op 2 Julie te vertrek en ds Danie sal hulle met sy bakkie van Kaaptad kom oplaai. 'n Vergadering met die Tumbine Sinode van die Gereformeerde Kerk in Noord-Oos Mosambiek word in die vooruitsig gestel. Na die vergadering sal die Moderator en Sekretaris van die Tumbine Sinode DV vir hulle vergesel na die Pebane en Ribaue gemeentes waar hulle die kerkleiers sal toerus in onder andere dissipelmaking.
Di Giepie en Paul sal DV op 14 Julie weer terugvlieg vanaf Nampula waarna ds Danie op sy eie verdere sendingreise gaan onderneem. Lg sal DV eers weer teen die einde van Julie terugkeer.