Vanaf die eerste Sondag van 2022 sal die oggend eredienstye verander na 8.30vm . Dit is 'n halfuur vroeër as in die verlede. Dit word so gedoen om ons Engelse broers en susters van Grace Reformed Church Northern Pretoria te akkommodeer. Ons en hulle gebruik dieselfde katkisasielokale net na mekaar. Ons gemeente se katkisasieklasse vind plaas net na die oggend erediens en die gemeente van Grace Reformed Church handel hul katkisasie af voor hul oggend erediens wat om 11vm begin. Met die ekstra halfuur is beide gemeentes in staat om hul katkisasieklasse aan te bied tussen die Afrikaanse en Engelse eredienste.