Op 12 Maart vanjaar het Annlin weer 'n kermis aangebied. Dit was 'n wonderlike geleentheid vir saam kuier met 21 stalletjies, almal uitgepak op ons grasperk en inrypad. Daar was hamburgers, worsrolletjies, roosterkoek, kerrie-en-rys, pannekoek, nagereg, koeldranke en ander lekkernye asook mooi items om te koop.
Die doel van die kermis was om die gemeente bymekaar te kry en na 'n lang inperkings tydperk weer bietjie op te vang oor wat alles in die gemeenskap gebeur.
Die volgende doel was om geld in te samel vir projekte. Een so 'n voorbeeld is die Evangelisasiekommissie se jaarlikse uitreik na ons buurland Mosambiek om daar die Here se woord te gaan verkondig.
Almal het dit baie geniet en ons sien uit na 'n volgende kuiergeleentheid.
