Vrydagaand 4 Februarie is 'n boemelaars-aand vir die laerrskooljeug gehou. Altesaam 27 kinders het opgedaag met hul tente, slaapsakke, bokse, gazebo's, boemelaargewaad en slaap-goete. Hulle almal het die oorslaap vreeslik geniet. Die kinders het worsbroodjies geëet en, gespeel en mekaar beter leer ken. Ds Giepie het 'n mooi boodskap aan die jongklomp gebring. Voor slapenstyd het hulle wat oorgeslaap het, ook nog lekker fliek gekyk. Almal wat van hierdie aand 'n sukses gemaak het word hartlik bedank - ook al die ouers wat die kinders gebring het.