Op 26 Augustus het die Diakonie weer 'n praatjie aangebied ten bate van die Sorg met Eer fonds. Die spreker, oudl. Johan Schoeman, het sy kennis as veearts met ons gedeel en almal se vrae geantwoord. Daar was oor baie dinge gesels - amper alles van snoet tot stert! Dit was 'n wonderlike en insiggewende bespreking gewees. Die geleentheid het R1200 ingesamel vir Sorg met Eer. Baie dankie aan ons spreker en almal wat die geleentheid bygewoon het!