Sondag 15 Januarie was 'n groot dag vir ons Gr 1 kinders en hulle ouers. Hulle is almal na vore geroep en ds Giepie en die Gr 1 kategeet, sr Lisa Vosloo het vir elke kind 'n nuwe Bybel geskenk. Mag hierdie kinders, wat nou met hul katkisasie begin, groei in die geloof totdat hulle uiteindelik gereed is om belydenis van hulle geloof af te lê. Jesus sê in Lukas 18:16 "Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle."