Vroeg in die Nuwe Jaar, op Saterdagaand 14 Januarie, het die gemeente weer kans gekry om bande met mekaar te smee en nuwe lidmate te leer ken. 'n Heerlike braai is gereël deur sr Rita Kruger en die lede van haar span van die Sosiale Kommissie. Dit was baie gesellig en almal kon van mekaar se slaaie opskep. Dankie Rita en span, dit was puik!