
Ons gemeente het lekker dubbel feesgevier die afgelope week met die viering van die gemeente se 58ste bestaansjaar saam met Ds Kurpershoek se bevestiging. Ds. Pieter Kurpershoek is op 14 Oktober 2023 as leeraar van GK Annlin bevestig en is die Kurpershoek-gesin verwelkom in die gemeente. Na die bevestiging en verwelkoming, het die gesellighede na die kerksaal geskuif waar almal jolig saamgekuier en baie lekker geëet het.