Ses van ons jong lidmate het verlede Sondag voor die hele gemeente hulle geloof bely.
Ons sê vir hierdie groepie en hul ouers baie geluk. Mag julle vashou aan en groei in die geloof en aktief in die gemeente jul lewe toewy aan die Here. Ds Giepie het so mooi die vergelyking getref met Josef wat van 17 jarige ouderdom deur beproewinge heen gegroei het tot 'n persoon wat as hoof oor die farao se hofhouding 'n groot rol gespeel het om die Israelitiese volk te bewaar - alles deel van God se voorsienigheid.
