Saterdag, 4 November het die susters van Annlin 'n wonderlike geleentheid gebied waar "ou" vriende gesellig saam gekuier het en bederf is met 'n heerlike tjop, wors, pap en slaai en dan nog roomys en appeltert uit die boonste rakke! Aan Magda en die span sê ons baie dankie vir die heerlike bederf - julle het julle self oortref.
