
Ons diakonie het op 22 Julie 2023 'n praatjie aangebied oor afhanklikheidsmiddels op straat. Danie Pelser het die praatjie begin deur 'n oorsig van verskeie dwelmmiddels te gee. Daarna het Hardus Schoeman, wat vir baie jare afhanklikheidsmiddels gebruik het, sy storie vertel en hoe die Here hom van al daardie jare se gebrokenheid gered het. Die geleentheid het 'n opbrengs van meer as R2000 ingebring ten bate van die Sorg met Eer fonds.