Op 11 Mei het die Annlin Doppers saam mede-gelowiges by Dirk Postma skool bymekaar gekom vir 'n dag vol sport-pret en Dopper-gees! Daar was alles gespeel, van Pool tot Pluimbal en 'n uitstekende wen deur die Jukskeispan. So ook het gelowiges mekaar leer ken, verhoudinge gebou en verstek. Ons dank ons Here vir Sy groot genade, dat ons op so besonderse manier Hom kon erken en vir Hom kon leef! Dankie aan al die organiseerders, spanlede en ondersteuners wat saam met ons die dag geniet het.
Drie groot cheers vir Annlin!