Op Sondagoggend, 12 Mei het Annlin in God se genade gejuig omdat twee lidmate hul geloof in die Here voor die gemeente bely het! Dit was 'n wonderlike voorreg gewees om te sien hoe die Here in elkeen se lewens gewerk het tot die spesiale geleentheid. Dit was ook 'n besonderse dag gewees want die gemeente het beleef hoe die Here Homself met die een lidmaat en haar gesin verbind deur haar doop en die doop van haar drie seuns. Ons bid die seën van die Here toe vir ons nuwe belydende lidmate!